top of page

Wat is geduld?

In die volgenede paar weke gan ons gesels oor geduld. Ek dink daar is so baie mense wat geduld glad nie verstaan nie. Ons almal skiet te kort as dit by geduld kom.


Ons lees in 1 Kor 13:4-5 Die liefde is lankmoedig en vriendelik, is nie jaloers nie, die liefde praat nie groot nie, is nie opgeblaas nie, handel nie onwelvoeglik nie, soek nie sy eie belang nie, word nie verbittered nie en reken nie die kwaad toe nie.


Geduld word betaal na patience in engels en die beskrywing vir patience - the ability to wait, or to continue doing something despite difficulties, or to suffer without complaining or becoming annoyed


Ek weet nie van julle nie maar hier skiet ek baie te kort, as dit nie my swakste eienskap is nie.


Jakobus, Jesus se broer skryf aan die eerste geslag christene wat net buite Palestina 'n gemeente gevorm het die volgende:


En nou, julle rykaards, kerm en kla oor al die swaar wat oor julle gaan kom. Julle rykdom sal tot niet gaan en julle klere sal deur motte opgevreet word, julle goud en silwer sal verroes. Die roes sal teen julle getuig en aan julle vreet soos 'n vuur. Julle maak skatte bymekaar, en dit terwyl dit die laaste dae is. Ja, julle hou die loon agter van die werkers wat julle lande afgeoes het. Dit skreeu ten hemel; die geroep van dié wat geoes het, het tot by die Here die Almagtige gekom. Hier op aarde lewe julle in weelde en oordaad; julle smul na hartelus, en dit terwyl die slagdag reeds daar is. Julle veroordeel en vermoor die onskuldige en hy bied geen teenstand nie.


Volharding

Wag dan geduldig, broers, totdat die Here kom. Let op hoe die boer wag vir die kosbare oes wat die land oplewer. Hy wag geduldig daarvoor totdat dit die vroeë en die laat reëns gekry het. Julle moet ook geduldig wag en moed hou, want dit is nie meer lank nie, dan kom die Here. Moenie oor mekaar kla nie, broers, sodat julle nie veroordeel word nie. Die Regter staan al voor die deur. Broers, neem die profete wat in die Naam van die Here gepraat het, as voorbeelde van lyding en geduld. Ons noem hulle geseënd omdat hulle volhard het. Julle het gehoor van die volharding van Job en julle het gesien waarop die Here dit laat uitloop het. Die Here is immers ryk aan barmhartigheid en ontferming.


Hier kan ons nou leer by Jakobus veral die laaste gedeelte. Kan jy dink hoe baie anders jou lewe kan wees as ons meer geduld kan raak. Ek dink dit is 'n gewoonte wat ons moet aanleer. Dit is ook nie iets wat oornag gaan verander nie. Maak moeite om meer geduldig te wees en sien hoe jou lewe sal verander.


Ons almal weet dat geduld die vrug van die Gees is.


Hoe doen ons dit?

Hoe leef ons die geduld wat Christus gekenmerk het? Eerstens dank ons God. Die eerste vraag is gewoonlik, “Hoekom ek?” Die Bybel sê dat ons altyd in die Here bly moet wees (Fil 4:4; 1 Pet 1:6). Tweedens moet ons na Sy doelwitte soek. Soms plaas God ons in ‘n moeilike situasie, sodat ons Sy getuies kan wees. Ander kere mag Hy beproewing toelaat om ons karakter te suiwer. Onthou dat Sy doel vir ons is om te groei en Sy heerlikheid sal ons in die beproewing deurdra. Derdens moet ons Sy beloftes onthou, soos in Rom 8:28, “Ons weet dat God alles ten goede laat meewerk vir dié wat Hom liefhet, dié wat volgens Sy besluit geroep is.” Hierdie “alles” sluit dié dinge in wat ons geduld toets.



Wanneer dinge moeilik gaan, en daar is baie tye in vandag se wêreld, moet ons geduldig op God wag, sy tydsberekening is volmaak. Moet nie moed verloor nie, wag geduldig op God


Gebed

Almagtige God, Here Jesus Christus, leer ons om meer geduld aan die dag te lê. Om eers tot U te nader wanneer ons geduld getoets word. Open ons oë om raak te sien wanneer ons getoets word.


In U Naam bid ons dit.

 
 
 

Recent Posts

See All

GELOOF
HEB 11:1
OM TE GLO IS OM SEKER TE WEES VAN DIE DINGE WAT ONS HOOP EN OM OORTUIG TE WEES VAN DIE DINGE WAT ONS NIE SIEN NIE

  • LinkedIn
  • Facebook
  • Tumblr Social Icon

© 2020 Geloof in God

bottom of page